http://www.integrated-marketing.co.za/http://web9.co.za/

ORANIA OEWERHOTEL & SPA

ORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPA
ORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPA
ORANIA OEWERHOTEL & SPA
CONTACT DETAILS
Phone: +27 (0) 53 207 0016 (Reception 9am - 6pm)
Mobile: +27 (0) 72 567 4329 (8am - 10pm)
Address: R369, Diamantlaan, Orania, 8752
Rating:
E-mail: navrae@oraniahotel.co.za
Website: www.oraniahotel.co.za/
Location: Orania
Facilities
Air-conditioning Air-conditioning Satellite TV Satellite TV Bar Fridge Bar Fridge
Tea & Coffee facility Tea & Coffee facility Hair dryer Hair dryer Free WiFi Free WiFi

Orania Oewerhotel & Spa - Luxury 4 Star Hotel, Spa, Restaurant and Functions Venue in Orania on the Orange River in the Upper Karoo, Northern Cape, South Africa

Welkom in Orania - die oase van die Karoo!  Die Orania Oewerhotel & Spa is geleë op die boomryke oewer van die Oranjerivier in die pragtige Bo-Karoo. Ons gaste word bederf met luukse 4ster geriewe en die einste vriendelike Afrikaanse gasvryheid waarvoor Orania wêreldwyd bekend staan.

Lees wat ons gaste te sê het op TRIPADVISOR

 

Akkommodasie

Die Orania Oewerhotel & Spa bied 12 stylvol versierde kamers met en-suite-badkamers. Ons idilliese ligging is perfek vir 'n ontspanne wegbreekkans vir die familie, asook 'n romantiese ontsnapping saam met die spesiale persoon in jou lewe. Chalets is ook beskikbaar op aanvraag. Elke kamer het 'n privaat stoepie met pragtige uitsigte oor die dig beboste oewer en die Oranjerivier wat verseker dat u verblyf in Orania ekstra spesiaal gaan wees!

Al ons kamers het en-suite badkamers en is toegerus met lugversorging, plasma televisie met DSTV, yskassie met komplimentêre minerale water, tee en koffie fasiliteit, elektroniese kluis, haardroër en Wi-Fi Internet konneksie.

Ons agt dubbelkamers kan 'n dubbelbed of twee enkelbeddens bevat en het elk 'n sitkamer area wat toegang tot 'n privaat stoepie bied. Elke badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak op 'n granietblad en toilet.

Die vier familiekamers is ideaal vir families van drie of vier mense. Elke familiekamer bestaan uit twee kamers met 'n tussendeur vir ekstra privaatheid. Die badkamers is toegerus met 'n bad en stort, wasbak op 'n granietblad en toilet, terwyl die sitkamer area bietjie meer ruimte bied as dié van die dubbelkamers.

Ons ontvang graag gaste met rolstoele en kan groepe van maksimum 32 gaste in die hotel akkommodeer. Die oord het ook pragtige chalets wat ingespan word om groter groepe te akkommodeer (maksimum 100).

Tariewe - sluit ontbyt in en is geldig vanaf 1 Maart 2015:

  • R 715 per enkelkamer (maks. 1 persoon) per nag.
  • R 1050 per dubbelkamer (maks. 2 persone) per nag.
  • R 1 250 per familiekamer (maks. 4 persone) per nag.
  • Luukse suites beskikbaar vanaf R 1 250 (maks. 2 persone) tot R 1 350 (maks. 4 persone) per nag.

​​BESPREKINGSVORM

Restaurant

Die Oewer Restaurant, bestaande uit 'n dek-restaurant, buitelug boma en kroeg, is geleë tussen skaduryke inheemse bome op die oewer van die Oranjerivier.

Ons volkskombuis is bekend vir ons smullekker biefstukke, slaaie, kontreikos en tradisionele Afrikaanse disse. 'n Keur van Kaapse landgoed en koöperatiewe kelder wyne is beskikbaar. Ons bedien heeldag smullende etes terwyl gaste die pragtige uitsig oor die Oranjerivier vanaf hul tafels kan geniet.

Die meeste van die hoë gehalte bestanddele wat ons in ons disse gebruik, word hier op Orania geproduseer. Die Oewer Restaurant is ook die ideale ligging vir privaat funksies, troues en spesiale geleenthede.

 

Privaat Funksies

Die oord is 'n gewilde keuse vir privaat funksies, troues en kombuistee-partytjies. Vir groter funksies, bv. troues, kan die oord 60 gaste akkommodeer.

 

Rivier Spa

Die Orania Rivier Spa bied 'n wye reeks behandelings met asemrowende uitsigte oor die Oranjerivier en omliggende Karoo-landskap. Ons ervare en vriendelike terapeute gebruik slegs die beste spa-produkte in die mees ontspanne atmosfeer om ons gaste van ware welgeluksaligheid te verseker.

Met sy besonderse argitektuur van hout en klip voorwaar 'n lus vir die oog. Met die kalmerende klanke van vloeiende water op die oor, sal jy vinnig in 'n staat van algehele ontspanning verkeer om die terapiesessies terdeë te geniet.

 

Waar is ons

Orania Oewerhotel en Spa is net twee en 'n half ure buite Bloemfontein en sowat negentig minute suid van Kimberley. Orania is ook 'n gewilde oornag destinasie vir vakansiegangers omrede ons byna halfpad tussen Pretoria en Kaapstad geleë is. Kom ervaar ware sielerus en geniet die vryheid, veiligheid en waardering wat net die Afrikanertuiste ons mense kan bied. Lees meer oor ons omgewing HIER

Kontak gerus die Orania Oewerhotel & Spa direk vir besprekings.​

 

ORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPAORANIA OEWERHOTEL & SPA
ORANIA OEWERHOTEL & SPA
CONTACT DETAILS
Phone: +27 (0) 53 207 0016 (Reception 9am - 6pm)
Mobile: +27 (0) 72 567 4329 (8am - 10pm)
Address: R369, Diamantlaan, Orania, 8752
Rating:
E-mail: navrae@oraniahotel.co.za
Website: www.oraniahotel.co.za/
Location: Orania
Facilities
Air-conditioning Air-conditioning Satellite TV Satellite TV Bar Fridge Bar Fridge
Tea & Coffee facility Tea & Coffee facility Hair dryer Hair dryer Free WiFi Free WiFi
Formatting ?
0 of 500 characters
Sending...
Loading ...